Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Help soek naam vir nuwe fees by Breytenbach-sentrum

Help soek naam vir nuwe fees by Breytenbach-sentrum
 
2010-07-22


DIE Breytenbach-sentrum op Wellington beplan vanaf 9 tot 14 November sy eerste fees.
Dié fees wat reeds in iSiXhosa gedoop is Ikhonkco (ketting), kort ’n Afrikaanse naam. Stuur jou voorstel teen 16 Augustus en staan ’n kans om R1000 kontant te wen.

Die hoofdoel van hierdie projek is om ’n sterker band tussen die verskillende kunsvorme én plaaslike gemeenskapsorganisasies te bewerkstellig om gemeenskapsbetrokkenheid te bevorder.

Verskeie aktiwiteite soos visuele kunste, drama, musiek en die letterkunde sal aangebied word.

Sedert Februarie bied die sentrum dramaklasse aan vir kinders uit benadeelde gemeenskappe, in samewerking met Sophia Passerini en Lindy Kriek se dramaskool, Break-a-Leg. Tydens die fees, sal dié dramastudente ’n kabaret aanbied.

Verder sal die Breytenbach-sentrum se musiek- en dansstudente op die fees se buiteverhoog optree saam met bekende name soos die Kaapse groep, Tucan Tucan.

Die publiek kan ook uitsien na ’n besonderse gedigte-voorlesingsprogram waartydens die leerders betrokke by die Piemp-projek, vir die eerste keer hulle gedigte en gedagtes sal deel.

Stuur alle naamvoorstelle na Posbus 365, Wellington, 7654 of per e-pos na theokemp@breytenbachsentrum.co.za. Vir meer inligting oor die fees, skakel 021-873-2786. Die fees word moontlik gemaak deur die National Arts Council, Naspers, die LW Hiemstra Trust, die Het Jan Marais Trust en die Arts & Culture Trust.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za