Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leerders oorleef kettingbotsing

Leerders oorleef kettingbotsing
 
2010-07-22

Lise Beyers

TIEN leerders van Simondium Primêr het verlede Donderdagoggend ’n noue ontkoming gehad, toe die bakkie waarin hulle passasiers was, in ’n ongeluk betrokke was.

Die voorval het ongeveer 07:30 plaasgevind in swaar reënweer.

Volgens ooggetuies het ’n vrou rem getrap toe leerders die pad wou oorsteek.

’n Wit Toyota bakkie, waarin die leerders passasiers was, het hierna in haar vasgery en die bakkie het in die teenoorgestelde baan beland en teen ’n silwer bakkie gebots, waarna dit omgeslaan het.

Hierna het ’n minibus-taxi in die silwer bakkie vasgery.

Die feit dat die bakkie waarin die kinders vervoer is ’n kap opgehad het, het waarskynlik ernstige of selfs noodlottige beserings voorkom.

Nog drie persone in die ander voertuie is ook beseer.

Skoolhoof William Keet het gesê dat dit net genade is dat die leerders feitlik ongedeerd van die ongeluk afgekom het.

“Talle mense het op die ongelukstoneel stilgehou om te help. Dankie aan almal wat ons bygestaan het.

“Die nooddienste se reaksietyd was ook baie vinnig en hul dienste uitstekend.

“Berading word verskaf vir alle leerders wat betrokke was by die voorval.”

Die verkeer op die Simondium-pad is vir ongeveer twee ure vertraag terwyl die toneel opgeklaar is.

* Ten schoolchildren experienced a terrifying ordeal when the bakkie they were travelling in, was involved in a pile-up on the way to school.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za