Interskole tussen Gim en HJS skop af
2010-07-22
VOORDAT die eerste rugbyspanne van HJS en Gim op Saterdag 31 Julie koppe stamp op die Faurestraat-stadion in vanjaar se Interskole-skouspel, gaan die laerskoolspanne in aksie wees om die stryd af te skop.
* Dinsdag speel die laerskole hokkie-wedstryde op die Parys-velde vanaf 13:15 tot 17:25. Die o.13A seuns speel 15:45 en die o.13A dogters speel 16:40.
* Woensdag speel die laerskool-netbalspanne op Hoėr Meisieskool Paarl se bane. Die o.13 A-span speel 16:15.
* Donderdag (29 Julie) vind alle laerskool-rugbywedstryde op die Faurestraat-stadion plaas. Die o.13 A-rugbywedstryd skop 16:15 af. Die o.19H en G-rugbyspanne speel vanaf 15:00 op die Brugstraat-velde van HJS. Vanaf 14:45 sal daar hoėrskole-hokkiewedstryde op die Parys-velde gespeel word en vanaf 15:00 vind die netbalwedstryde (laer spanne) op Hoėr Meisieskool se bane plaas.
* Vrydag (30 Julie) vind die hoėrskool-rugbywedstryde plaas by Brugstraat en op Faurestraat. Die o.19C-wedstryd vind 16:20 plaas op Brugstraat se A-veld. Die dogtershokkiewedstryde vind vanaf 13:00 op die Parys-velde plaas, met die o.19A-wedstryd wat om 16:15 gespeel word. Die seunshokkiewedstryde (laer spanne) vind vanaf 15:00 op Gim se astrobaan plaas. Netbalwedstryde vind vanaf 14:10 op HMS se bane plaas, met die o.19A-wedstryd om 15:00.
* Saterdag (31 Julie) speel die o.15A, o.16A, o.19B en o.19A-rugbyspanne op Faurestraat. Die senior seunshokkiewedstryde word die oggend op Gim se astrobaan beslis, met die o.19A-wedstryd wat om 10:55 sal plaasvind.
OU MANNE SPEEL OOK:
Hoėr Jongenskool en Hoėrskool Gimnasium se Ou Manne pak mekaar in die jaarlikse Paarl Old Boys Classic (POBC). Die program is as volg:
* Dinsdag: Die hokkie Ou Manne en Vroue meet Dinsdagaand kragte op Hoėrskool La Rochelle se velde. Die vroue speel 19:00 en die mans 20:00.
* Woensdag: Die oud-studente se rugbywedstryde (Golden Oldies en Old Boys) vind by Gim se rugbyvelde plaas om 19:30 en 20:30.
* Donderdag: Die gholfstryd tussen die ou manne vind plaas by die Paarl Gholfklub op Donderdag 29 Julie.
VERKEER TYDENS INTERSKOLE:
WEENS verkeersdruk by Hoėr Meisieskool Paarl tydens Interskole het die Verkeersdepartement toestemming verleen dat Zeederbergstraat en Hoogstraat volgende week slegs eenrigtingverkeer (in n noordelike rigting) dra nį 13:35 op Woensdag en Donderdag, en nį12:20 op Vrydag 30 Julie. Toegang tot die skool is dan slegs via Zeederbergstraat, met uitgang via Klein Boschendalstraat en Zionstraat (slegs persone wat voorsien is van n toegangskaartjie sal toegang verkry). Ouers en besoekers word versoek om elders te parkeer (onder andere op die parkeergebied van die Strooidakkerk) en na die skoolterrein te stap. Motortoegang tot die skoolterrein (bopunt van Zeederbergstraat) is slegs vir eregaste en houers van parkeerkaartjies.
More
News
|