Bergrivier pak Weltevrede op die Boland-stadion
2010-07-22
DIE hoërskole van Bergrivier en Weltevrede se interskole-wedstryde het reeds Dinsdag afgeskop.
Die hoofwedstryd tussen die o.19A-rugbyspanne geskied egter Saterdag (24 Julie) op die Boland-stadion om 16:00.
Vrydag (23 Julie) vanaf 11:30 op CPUT se velde, sal dié twee skole se sokkerspanne mekaar aandurf, met die hoofwedstryd om 15:30.
Saterdag skop die rugby-aksie om 10:00 af, met die o.14A-wedstryd. Hierna sal verskeie ander rugby-wedstryde volg, met die eerste rugby-spanne wat 16:00 gaan speel.
More
News
|