Sportdagboek
2010-07-22
KRIEKET
* Edu Krieket aan oefen: Drakenstein Edu Krieketklub is reeds volstoom aan die oefen vir die nuwe seisoen. Alle belangstellendes en nuwe spelers is welkom om oefeninge by te woon Dinsdae en Donderdae vanaf 16:45 tot 19:00 te Labori-velde. Die klub het weer vir Paul Liebenberg as hoofafrigter aangestel, met Ryan Carolissen en Marshall Lategan as sy adjudante. Edu KK skryf ook vanjaar ’n damespan in wat in die amptelike Boland vroue-liga gaan meeding. Dames wat belang stel kan William Philander skakel by 083-393-0762.
* Paarl-Oos KK vergader: GMT Paarl-Oos Krieketklub hou hul algemene jaarvergadering op 1 Augustus om 10:30 by die Paarl-Oos klubhuis. Alle lede en nuwe lede moet teenwoordig wees. Die klub se voorseisoense oefeninge het gister begin by die New Orleans-velde. Kontak kaptein Appollis by 021-862-5594 of 083-689-0017. Op 31 Julie gaan die klub rugbywedstryde op ’n groot skerm wys te New Orleans (Wallabies vs Nieu Seeland om 12:00, Cheetahs vs Haaie om 15:00 en Blou Bulle vs Leeus om 17:00).
* Peoples hou bekeruitdeling: Young Peoples Krieketklub hou sy jaarlikse bekeruitdeling op 6 Augustus om 19:00 by Stumps, Bolandpark-stadion. Toegang beloop R50. Spesiale gaste sluit in Justin Ontong en die voormalige Protea-draaibouler Paul Adams. Kaartjies is beskikbaar by bestuurslede. Kontak 078-331-0726. Die klub oefen reeds vir die komende seisoen. Oefeninge vind plaas op Dinsdae en Donderdae (18:00) op Daljosafat. Kontak Harry (083-956-3266) of Lorenzo (072-541-0675).
* Paarl Krieketklub oefen: Paarl Krieketklub se oefeninge vind plaas op Maandae en Woensdae te Boland Park. Oefeninge begin op 26 Julie om 18:00. Nuwe lede is welkom. Kontak Lyndon Fredericks (082-710-5116) of Deon Julies (071-898-2800).
MNR EN MEJ PAARL
Die Paarl Physical Culture Club en die jeug van die VGK Huguenot bied op 24 Julie die jaarlikse Wynland-liggaamsboukompetisie aan waar Mnr en Mej Paarl en Mnr en Mej CYM Huguenot in die Strauss-saal aangewys word. Die tema is dat karakter gebou word deur reinheid, fiksheid en gesondheid. Liggaamsbouers van oral word uitgenooi. Kaartjies kos R20. Geen vooraf beoordeling van deelnemers sal gedoen word nie. Deelnemers moet 16:00 aanmeld vir inskrywings en registrasies. Kontak AC Adams by 071-178-0578 of Belinda Solomons by 083-701-2673.
More
News
|