Sporttelbord
2010-07-22
SKOLE-RUGBY
Die volgende uitslae is verlede week deur plaaslike skole behaal:
* Hoërskool Gimnasium klop Outeniqua 38-20. Gim se driedrukkers: Christopher Bosch, Kobus van Wyk, Lance Ruthford, Christiaan Smit, en Du Toit Genis. Willie Viljoen behaal 5 doelskoppe en ’n strafdoel.
* Hoër Jongenskool klop Oakdale 29-23. HJS se driedrukkers: Gavin Hauptfleisch, Stephan Coetzee, Heinrich Boje en Leon le Roux. Hauptfleisch het 3 doelskoppe en ’n strafdoel behaal. HJS het ook met Sacs afgereken (41-22). Die driedrukkers was: Gavin Hauptfleisch (2), Louis Nel, Devon Williams en Leon le Roux. Hauptfleisch het 5 strafdoele en 2 doelskoppe aangeteken.
* Hoër Landbouskool Boland klop HTS Drostdy 22-19. Landbouskool se driedrukkers: Philip Molnar en Jannes Mouton. Kyle Jacobs het 3 strafdoele en ’n doelskop behaal.
* Hoërskool Hugenote klop DF Malan 38-7. Hugenote se driedrukkers: Godlin Masimla (3 drieë), Donovan Jacobs en Cheslyn Fredericks. Damien Cloete het 2 doel- en 3 strafdoele behaal.
GOLF
* Wellington Golf Club (Single Progressive Stableford 17/07/2010): Me H van Zyl (42), P Burger (40), D van Rooyen (39), L Smith (38), R Richard (38).
WEDVLUGDUIWE
* Wellington Resiesduifklub (Leeuw Gamka - 17/07/2010): 1. I Laubscher; 2. D Solomons; 3./5. A Moses; 4. H Lee.
* Wellington Posduifklub (Victoria-Wes - 17 Julie): 1. H Fourie; 2. C Barnard; 3. D vd Westhuizen; 4. H Lochner; 5. R Joubert.
* DHS (Leeuw Gamka): 1. J Kruger; 2. M&J Hokke; 3./4./5. Hunlun&Louw.
WAARDEVOLLE SEGE VIR HILLCREST
Oorwinnings kweek selfvertroue en gevolglik is almal oorgehaal om die Blou Trein weer aan die hardloop te kry ná Hillcrest United se 20-16 sege oor Langebaan. Alles in dié wedstryd was met oorgawe en ywer gedoen. Rotsvaste verdediging en vurige inklimspel deur die voorspelers het die grondslag vir Hillcrest gelê. Hillcrest se Chad Meyer, Weezo Zeeland en Mario Jones het die stryd om die losbal gewen terwyl Adie Swarts al die lynstane oorheers het. Emile Booysen en Randal Rudolph het Hillcrest se drieë gedruk, met Conroy Gertse wat beide drieë verdoel het. Hy het ook met twee lang strafskoppe teen ’n sterk wind geslaag. Hillcrest se manne het eerskomende naweek ’n loslootjie, maar berei reeds voor vir die wedstryd teen Citrusdal in Mbekweni volgende week.
EVERGREENS VERSLAAN NEWTONS
Evergreens Rugbyklub het Saterdag op Daljosafat vir Newtons hard aarde toe laat kom deur al hul wedstryde te wen. Newtons het nie rekening gehou met die hardlooprugby en goeie verdediging van Evies nie, met die gevolg dat Evergreens se eerste span 25-19 kon seëvier. Driedrukkers was Renier Muller (2 drieë) en Riegaardt Liebenberg. Kelvin Beffels was in die kol met 2 doelskoppe en 2 strafdoele. Evergreens se tweede span het 15-3 gewen en die derde span het 28-22 gewen. Evies speel die komende naweek tuis teen Mamre.
WELLINGTON KOM SLEG TWEEDE
Wellington Rugbyklub het Saterdag lelik slae gekry met 5-68 teen Wesbank. Wellington se enigste drie is gedruk deur Redah Kiewiet.
More
News
|