Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vineyards trek ore plat, maar Blues veg hard

Vineyards trek ore plat, maar Blues veg hard
 
2010-07-22


DIT lyk nou na ’n uitgemaakte saak dat Vineyards Rugbyklub die seisoen bo-aan die Paarl Streekliga punteleer gaan eindig.

Indien nie, gaan dit ’n reuse terugvegpoging van een van die ander streekspanne verg om die manne in maroen te onttroon.

Vineyards (62 liga-punte) het die afgelope naweek weer hul dominering in die liga onderstreep met ’n 17-10 oorwinning oor Albions (41 liga-punte). Die rustydtelling was 3-3.

Albions se tweede span het egter 24-10 gewen en Albions III het 14-3 geseëvier.

BLUES LÊ NOU TWEEDE

Laer Paarl het Saterdag ’n oortuigende 31-20 oorwinning oor Young Gardens behaal om skielik die tweede posisie (saam met Riverstones op 42 liga-punte) op die Streekliga-punteleer te beklee

Donnie Fredericks (1 drie) het voorlangs vir Blues uitgeblink. Ander driedrukkers vir die wenspan was Bjorn Kidd en Lee Blaine. Die losskakel Delwayne Carolissen het 1 drie verdoel en 6 doelskoppe behaal.

Laer Paarl se tweede span het egter 7-13 vasgeval en Laer Paarl III het 0-21 verloor.

* Blues sal nie eerskomende Saterdag in aksie wees nie as gevolg van die begrafnis van mnr G Davids (wedstrydsekretaris).

VIOLETS SORG VIR OPSKUDDING

Violets Rugbyklub het die afgelope naweek vir ’n reuse opskudding gesorg toe hulle die hoog-aangeskrewe Young Standards bloedneus huis toe gestuur het met ’n 21-11 oorwinning.

Met Violets se kaptein, Monrico Carollisen aan die spits, het sy manne stadig maar seker die oorhand gekry, ná Standards op ’n hoë noot afgeskop het.

Violets se driedrukkers was Bradwill Swartz en Gershwin Mouton. Swartz het ook ’n doelskop en drie strafdoele behaal.

Violets II het 13-0 gewen en Standards III het 19-5 gewen.

RIVERSTONES TRAP ALLANDALE

Op hul beurt staan Riverstones ook steeds sterk in die kompetisie. Riverstones het Saterdag vir Allandale met 28-10 verslaan.

Allandale II het 16-5 gewen en Riverstones III het 26-0 gewen.

WEDSTRYDBEPALINGS: (24/07/2010) Gardens vs Standards (Gardens Park); Violets vs Riverstones (Dal C); Allandale vs Albions (Drakenstein); Vineyards vs Pêrel United (Dal A



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za