Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington se wyne skitter

Wellington se wyne skitter
 
2010-07-29


BY die SA Terroir-toekennings verlede week is vir die eerste keer ’n trofee toegeken aan die top wyn-area in Suid-Afrika.

Die toekenning is vir ’n spesifieke wynbouterrein wat die meeste wyne in die finale ronde vir SA Terroir Nasionale Sertifikate opgelewer het, tesame met die aantal nasionale wenners wat toegeken is.

Die eerste wenner van die Novare Trofee vir SA Terroir Top Wyn-area is die Wellington-wyk, met sewe finalis-wyne en twee nasionale wenners (Diemersfontein Pinotage en Doolhof Petit Verdot).

Welbedacht van Schalk Burger & Sons het gesorg vir drie van die finalis-wyne uit Wellington.

Die ander wynwyke wat puik gevaar het, is Durbanville en Bottelary.

Uit ’n rekord 239 inskrywings vir die vyfde jaarlikse SA Terroir Wyntoekennings het drie landgoedere uitgestaan met twee Nasionale Sertifikaat-wenners elk, Kaapzicht, Wildekrans en Klein Constantia.

Plaaslike nasionale sertifikaat-wenners is Plaisir de Merle Cabernet Franc 2008 (Paarl-Simonsberg-wyk) vir Top Cabernet Franc, Diemersfontein Carpe Diem Pinotage 2008 (Wellington-wyk) vir Top Pinotage, en Signatures of Doolhof Petit Verdot 2008 (Wellington-wyk) vir Beste Petit Verdot.

Bon Courage is die top presteerder die afgelope vyf jaar met sewe nasionale wenners vir verskillende kultivars, vonkelwyn en dessertwyn, gevolg deur Klein Constantia (vyf nasionale wenners), De Grendel (vier) en Doolhof (vier).

Slegs wyne wat as wyn van oorsprong van ’n enkelwingerd, landgoed-geproduseerd of ’n spesifieke wyk gesertifiseer is, kan deelneem, en met die beoordeling is gehalte al wat tel,” sê Marius Labuschagne, projekleier van SA Terroir Wyntoekennings.

Vir die volledige uitslae, besoek www.terroirwineawards.co.za.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za