SMS-kommentaar
2010-07-29
* Die mense wat by die motorhawens gaan petrol tap en dan sommer inkopies gaan doen by die kafee op die perseel, kan gerus beter maniere leer. Is dit nodig om so ’n opeenhoping te veroorsaak? Trek jou kar weg, * Het jy geweet dat wanneer ’n mens 18 word, mag jy alles doen,behalwe ’n DVD uitneem by die bib. Daarvoor moet jy 21 wees * Paarliete moet ophou vir Pieter de Villiers kritiseer - hy het sy beste gedoen - blameer die spelers. * Taxis that are unroadworthy should be scrapped forever. Who is to blame for declaring them roadwor- thy? Viva corruption! * Doodskis op wiele - taxibestuurder moet gearresteer word vir poging tot moord. Petrus * Judging by Paarl Post local drivers are uneducated, reckless, undisciplined. Ten children don’t belong under a bakkie canopy! * Ek bly op ’n gevangenisterrein en ons word omtrent beroof tydens inbrake. Hier is baie mense wat in vrees lewe en dit is onnodig - ons werk hard vir wat ons het, maar dit is nie meer lekker om hier te woon nie * Paarl hospitaal ongevallepersoneel - leer asb om mense te triage. Julle kan nie mense help van 1 tot 10 soos hulle ingekom het (gesien 20 Julie). * Genade, wat het geword van konsekwente rugby-skeidsregters tydens hoërskoolwedstryde? * Die Victoriapark in sentraal-Paarl behoort in ’n lushof omskep te word. Die Munisipaliteit moet die park opgradeer en in stand hou. * Baie taxi-eienaars vergeet dis mense wat hul vervoer - nes hul is dit ouers wat gaan werk om hul gesinne te onderhou.
More
News
|