’N MENS hoor en lees so baie van die swak diens wat by provinsiale hospitale ondervind word, dat ek genoodsaak voel om te skryf.
Ek was by twee geleenthede ’n pasiënt by Paarl Provinsiale Hospitaal, waar ek operasies ondergaan het. Die diens was uiters professioneel en van hoogstaande gehalte.
Van die dokters, verpleeg-personeel tot skoonmakers, baie dankie. Aan die teater- en hoë-sorgpersoneel, dankie vir die manier waarop julle my behandel en versorg het.
Paarl Hospitaal hoef vir geen ander private en of provinsiale hospitaal ’n enkele tree terug te staan nie.
Dankie vir puik diens!
André Strydom