Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


'Vuil' dorp stel teleur

'Vuil' dorp stel teleur
 
2010-07-29


EK het 1980 in die Paarl ingetrek en voel nou ook al soos ’n Paarliet en is baie trots op hierdie pragtige Bolandse dorp. Maar een ding wat ek nie kan hanteer nie, is die “vuil” omgewing waarin ons deesdae woon.

Wat sien ons elke dag in Lady Greystraat? Stalletjies wat almal dieselfde artikels verkoop wat ’n morsige straat saans agterlaat as hulle opgepak het.

Dan moet die arme skoonmakers skemeraand, die strate kom skoonmaak, net dat die lot weer die volgende dag kan kom mors.

Kaapstad was ’n goeie voorbeeld van ‘n “skoon stad” die afgelope maand tydens die Wêreldbeker, maar ons sal ook dophou of dit so sal bly in die toekoms.

Ek kry regtig skaam vir ons mooi dorpie. ’n Mens wil glad nie eens gaste in die middedorp inneem nie - jy ry maar liewer deur die buitewyke van die dorp en besigtig die natuurskoon.

Kom Drakenstein Munisipaliteit, wys wat julle kan doen vir die dorp se vooruitgang!

Teleurgestelde inwoner




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za