Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oop ruimtes bedreig

Oop ruimtes bedreig
 
2010-07-29


TOE ek lees van die beplande parkeerarea op Victoriapark in die Paarl, dink ek onwillekeurig aan Joni Mitchell se liedjie “Big Yellow Taxi”.Die refrein is so van pas: “They took all the trees, Put ‘em in a tree museum... They paved paradise and put up a parking lot”.

Wat so ironies is, is dat ons “tree museum”, die Arboretum, ook nie nie eens meer toeganklik is nie, nie eens al is jy bereid om “een en ’n half Dollar” te betaal nie, want jy staan die kans om meer as dit te verloor in ’n aanval deur die skollies.

’n Park lewe wanneer daar mense is wat dit gebruik. In Bonn, Duitsland, is daar skaaktafels en tafeltennistafels van beton en ander geriewe in die parke wat deur die inwoners gebruik word.

Wat doen ons stadsvaders om mense te lok na ons parke en Arboretum?

Ek glo daar is ’n alternatief: Die bou van ’n meervlakkige parkeergarage agter die kantoorblok waarvan ’n gedeelte onder die grond versteek kan word.

Ja, dit gaan baie meer kos as ’n bietjie plaveisel op Victoriaplein, maar wat is die prys van bewaring van groen ruimtes?

Cobus Thesnaar




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za