Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vullisoorlaaistasie in Paarl 'n skande

Vullisoorlaaistasie in Paarl 'n skande
 
2010-07-29


EK was onlangs op ’n Saterdag by die vullisoorlaaistasie in die Paarl.

Dit omdat ek weeksdae na werk nie daar kan uitkom nie omdat hulle so vroeg sluit.

Daar het ’n lang tou mense die Saterdag gestaan en daar was heelwat onmin omdat dinge so stadig beweeg het.

Die mense in beheer is uitgeskel deur lede van die publiek, wat gefrustreerd was omdat hulle so lank in die tou moes wag om hul tuinvullis af te laai.

Een beampte het verduidelik dat net twee van die sewe “bays” in werking is, omdat daar net een vragmotor is in plaas van twee om die houers te verwyder.

Is die vragmotor stukkend of is dit nou ’n permanente probleem?

Baie mense het ten einde raad omgedraai en huis toe gegaan - ek wonder waar het hulle hul vullis dalk langs die pad afgelaai?

Dit is vir my ook kommerwekkend dat dit basies ’n saak van onmoontlikheid is om van bourommel ontslae te raak in die Paarl. Geen wonder nie dat ’n mens oral in die veld bourommel sien wat mense daar aflaai. Kan die Munisipaliteit nie plan maak nie?

Cassie

Die munisipale woordvoerder reageer: Die Paarl Oorlaaistasie word tans opgegradeer om die bestaande stelsel met ’n stelsel te vervang waar die vaste afval nie net in houers gestort word nie, maar gekompakteer word om ’n meer koste-doeltreffende stelsel te verseker.

Tydens die konstruksieperiode is al die stortingsbane en houers nie beskikbaar vir die publiek nie. Die projek sal teen einde September voltooi wees en daar word verskoning gevra vir die ongerief.

Vir die interim is vier houers agter by die ou meule geplaas om verkeersopeenhoping te voorkom.

Die stortingsbane is vroeg in Julie gesluit en die publiek is versoek om die tydelike houers te benut. Reëlings sou ook getref word om die verkeersvloei te verbeter gedurende die periode.

Afval en bourommel kan ook by die Wellington stortterrein gestort word om sodoende die druk op die Paarl oorlaaistasie te verlig.

Verskoning word gevra vir enige ongerief en die publiek word versoek om geduldig te wees tot die konstruksiewerke voltooi is.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za