Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sportdagboek

Sportdagboek
 
2010-07-29


WINDBUKS-SKIET

Cape Air Rifle hou ’n windbuks-skietdag (veldteiken) op Saterdag 31 Julie. Belangstellendes kan die dag saam geniet vanaf 09:00. Deelnemers wat vir die eerste keer bywoon, skiet gratis. Die skiet vind plaas op die plaas van CJ Briers-Louw in Agter-Paarl.

Kontak Jacques by 083-560-3141 of Gerhard Genade by 076-372-3717 of besoek www.capeairrifle.co.za vir meer inligting.

KRIEKET

* Drakenstein Edu se dameskrieketspan oefen Maandae en Woensdae 17:00 te Boland Kollege (onderste kampus). Alle dames is welkom.

Die klub speel vanjaar in die Premierliga. Drakenstein Edu is die enigste klub in Drakenstein met ’n damespan in die kompetisie.

* GMT Paarl-Oos Krieketklub hou sy algemene jaarvergadering op 1 Augustus om 10:30 by die Paarl-Oos klubhuis. Alle lede en nuwe lede moet teenwoordig wees. Kontak kaptein Appollis by 021-862-5594 of 083-689-0017.

Saterdag wys die klub rugbywedstryde op ’n groot skerm te New Orleans (Wallabies vs Nieu Seeland om 12:00, Cheetahs vs Haaie om 15:00 en Blou Bulle vs Leeus om 17:00).

* Young Peoples Krieketklub hou sy jaarlikse beker-uitdeling op 6 Augustus om 19:00 by Stumps, Bolandpark. Toegang beloop R50.

Spesiale gaste sluit in Justin Ontong en Paul Adams. Kaartjies is beskikbaar by bestuurslede. Kontak 078-331-0726.

KLEIN BOISHAAI GHOLFDAG

Klein Boishaai se negende jaarlikse gholfdag vind 3 September plaas by Paarl Gholfklub vanaf 11:30.

Die formaat is ’n vier-bal en inskrywings wissel tussen R1600 en R2000 (afhangende of maatskappye advertensie- borde wil plaas) en sluit in ’n geskenkpak en ’n ligte ete waartydens wederhelftes ook welkom is teen ’n ekstra fooi van R100. Stuur aansoeke en vrae na allysel@ seldenrod.co.za of stuur ’n faks na 021-872-0689. Kontak 083-324-8360.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za