Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Streekspanne keil mekaar deeglik op

Streekspanne keil mekaar deeglik op
 
2010-07-29


DIE eerste rugbyspan van Vineyards het Saterdag wéér ’n weghol-oorwinning behaal in die Paarl Streekliga, terwyl Riverstones, Young Gardens en Albions ook goeie seges aangeteken het.

VINEYARDS VERMORSEL PÊREL UNITED

Die liga-leiers, Vineyards, het ’n allemintige 12 drieë behaal om die manne van Pêrel United met 82-0 stert tussen die bene huis toe te stuur.

Vineyards II het 33-0 geseëvier en Vineyards III het 12-12 gelykop gespeel met Vineyards III.

ALBIONS HOU KANSE LEWENDIG

Albions Rugbyklub het hul kanse om die halfeindronde van die streekliga te haal lewendig gehou, deur vir Allandale gemaklik met 23-11 te troef.

Albions II het 8-3 gewen en Allandale se derde span het 19-0 geseëvier.

RIVERSTONES BEHAAL GOEIE SEGE

Riverstones lyk steeds na een van die gevaarspanne in die streekliga ná sy 24-11 oorwinning oor Violets.

Violets II het egter 10-8 gewen en Riverstones III was met 8-0 baas.

GARDENS TROEF STANDARDS MET GEMAK

Young Gardens het Saterdag verspotmaklik afgereken met Young Standards (39-5).

Gardens se tweede- en derde spanne was elk ook aan die wenkant met 20-0 en 15-0 seges.

WEDSTRYDBEPALINGS: (31 Julie) Albions vs Violets (Daljosafat-stadion); Gardens vs Riverstones (Gardens Park); Windmeul vs Standards (Dal A); Allandale vs Pêrel United (Drakenstein).




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za