Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pniel wen derby teen Tiere

Pniel wen derby teen Tiere
 
2010-07-29


IN ’n wedstryd wat by tye goeie konstruktiewe rugby opgelewer het, het die tuisspan, Pniel Villagers, daarin geslaag om vir Young Peoples met 25-19 te klop.

Villagers was rustyd voor met 15-10.

Die grondslag vir dié oorwinning is weer eens gelê deur die tuisspan se pak voorspelers, wat die meeste fasette oorheers het en hul bure se meerdere was.

Manne wat die pap voorlangs dik aangemaak het, was Charleston Williams (agtsteman), Garland Alberts (flank) en Murdow Dreyer (slot), terwyl Enrico Du Preez die groot uitblinker in die agterlyn was.

Villagers het vier drieë gedruk, teenoor die een drie van die Tiere. Peoples se heelagter, Dominic Isaacs, het egter sy span in die prentjie gehou met vier strafdoele en een doelskop.

Om op te som was dié wedstryd ’n klipharde een, waar goeie verdediging aan albei kante gesien was. Beide spanne was ook gewillig om met hul agterlyne aan te val en so ook punte te probeer behaal.

Pniel se driedrukkers was Charleston Williams, Fernando Adams, Angelo Nelson en Mark Arendse, terwyl Stefanus Cedras met ’n straf- en doelskop geslaag het.

Vir Peoples het Lorenzo Jacobs ’n drie gedruk.

Villagers speel eerskomende Saterdag tuis teen Collegians, terwyl Young Peoples weg speel teen Kraaifontein.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za