Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Rugbyklub speel klaar met Rangers

Paarl Rugbyklub speel klaar met Rangers
 
2010-07-29


DIE Paarl Rugbyklub het Saterdag vir Rangers (Athlone) met 33-13 op Faurestraat geklop in wat waarskynlik Paarl se indrukwekkendste vertoning tot dusver dié seisoen was.

Rangers, die nuwe span in die Premier A-kompetisie, het reeds twee keer dié seisoen met die liga-voorlopers, Brackenfell, afgereken.

Paarl was oudergewoonte baie kompeterend in die skrums en lynstane, maar het hul teenstanders veral verras met skitterende hardlooprugby, waaraan voor- en agterspelers deel gehad het.

Een so ’n beweging wat in Paarl se halfgebied begin het, is deur Clive Samuel (senter) afgerond met ’n skitterdrie, ná hy die laaste 30 meter kon aflê sonder dat daar ’n hand op hom gelê is.

Kort daarna het Maurice Fisher, wat as plaasvervangervleuel op die veld gekom het, omgekeerde besit afgerond toe hy vir ’n teenstander weggehardloop het om in die regterkantste hoek te druk.

Intussen het die kaptein, André-Louis de Villiers, ’n baie goeie drie vanaf ’n lynstaan gedruk, nadat baie druk op die teenstanders toegepas is.

In die tweede helfte het Paarl teen die wind gespeel en met meer dryfmaalbewegings vorendag gekom.

’n Verdere drie deur Tobias Oosthuizen (haker) het gevolg.

Darryl Heyns (losskakel) het vir die eerste keer vanjaar die skopwerk waargeneem en met twee doelskoppe en drie strafdoele geslaag.

Heyns is beloon as speler van die wedstryd, te danke aan goeie algemene en taktiese spel.

Voorlangs was Oosthuizen en Gert Schoonbee (slot) uitstekend op dreef.

Teen die einde het Paarl effens laat slap lê en Rangers het met twee vinnige drieë geantwoord.

Paarl se tweede span het 19-14 gewen en die derde span het ’n goeie oorwinning van 30-3 behaal om die liga-voorloppers in hul afdeling te word.

Paarl het eerskomende naweek ’n loslootjie as gevolg van Interskole.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za