Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Weltevrede klop Bergrivier in riller Derby-stryd

Weltevrede klop Bergrivier in riller Derby-stryd
 
2010-07-29


TERWYL een groot derby-wedstryd Saterdag afgehandel is, toe Weltevrede Sekondêr vir die eerste keer in ses probeerslae afgereken het met Bergrivier Sekondêr op die Boland-stadion, wag nóg ’n groot interskolestryd eerskomende Saterdag op die Faurestraat-stadion.

Weltevrede het vir Bergrivier 10-8 geklop in ’n riller-stryd, ná die wenspan rustyd 10-0 voor was.

Bergrivier het sterk teruggeveg in die tweede helfde, maar kon uiteindelik nie die knoop deurhaak nie.

Percival Koopman het Weltevrede se drie gedruk, terwyl Zano Pieters dié drie verdoel het, en ook ’n strafdoel bygevoeg het.

Devon-Myles Claasen het Bergrivier se drie gedruk, met Lehnro Julies wat ’n strafdoel bygevoeg het.

Hoër Jongenskool en Hoërskool Gimnasium se eerste rugbyspanne pak mekaar Saterdag om 16:00 op die Faurestraat-stadion.

Daar is tans min te kies tussen dié twee spanne, dus behoort die komende naweek se kragmeting so gelykop soos altyd te wees.

So lyk die res van die afgelope naweek se skolerugby uitslae:

HJS het Saterdag vir Rondebosch met 39-8 verslaan op Brugstraat. Die rustydtelling was 13-8.

Beyers de Villiers (2 drieë), JC Jooste, Devon Williams en Stephan Coetzee het HJS se drieë gedruk. Gavin Hauptfleisch het 4 doelskoppe en 2 strafdoele aangeteken.

Hoërskool Gimnasium het vir Oakdale 27-5 geklop. Die rustydtelling was 10-0 vir Gim.

Jacques Botha (2 drieë), Stefan Willemse, Ruan Mouton en Eric van der Merwe het Gim se drieë gedruk.

Lance Ruthford het een drie verdoel.

Hoër Landbouskool Boland het vasgeval teen Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch.

Gerhard Jordaan het Landbouskool se enigste drie gedruk, terwyl Werner Joubert twee strafdoele aangeteken het.

Hoërskool Hugenote het met 17-19 naelskraap vasgeval teen Charlie Hofmeyer. Die rustydtelling was 5-elk.

Hugenote se driedrukkers was Donovan Jacobs en Lyle Metler. Mareé Kotze het twee doelskoppe en ’n strafdoel bygevoeg.

Hoërskool Labori het 3-20 verloor teen Vredenburg. Die rustydtelling was 3-10. Labori se enigste punte is deur N Pienaar (1 strafdoel) behaal.

New Orleans Sekondêr het 10-12 verloor teen Weston High. New Orleans was rustyd voor met 10-3.

Monroe Marinus het New Orleans se enigste drie gedruk, met Damien Engeldoe wat een strafdoel en een doelskop bygevoeg het.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za