Milan Murray in die Mall
2010-07-29
DIE bekende aktrise en TV-aanbieder Milan Murray sal op Dinsdag 3 Augustus in die Paarl Mall wees van 14:00 tot 16:00 om haar eerste boek te loods. “Koemelaat” was haar driejarige seun se woord vir skoenlapper - ’n gepaste titel vir ’n boek waarin sy haar reis in ma-wees begin. Koemelaat is ’n maklike lees vir enige ma. Daarin vertel Milan van haar aanvanklike ‘ontnugtering’ met ma-word en haar wedervaringe van ouerskap oor die algemeen.
More
News
|