IN die Paarl het sy in ’n gospelkoor gesing, nou werk Anchin Morkel aan haar eerste album in New York, VSA.
Anchin, wat grootgeword het in Amstelhof en aan Klein Nederburg Sekondêr gematrikuleer het, skuur nou skouers met bekende name in die internasionale musiekbedryf.
Sy het agt jaar gelede au pair-werk in Amerika gaan doen en is tydens ’n karaoke-aand deur haar eerste bestuurder raakgesien.
“Ek het gegaan vir ’n oudisie en het dit gemaak,” vertel
Anchin was vir drie weke by haar familie in die Paarl kom kuier het om by haar ma te wees tydens haar ma se onlangse verjaardag.
“My ma het altyd vir my gesê ek het groot drome, nou sê sy - hou aan sing!”
Volgens haar het sy nog altyd die liefde vir sang gehad, maar het nie gedink dit sou so gou ’n werklikheid word nie.
Anchin vertel dat die druk om te presteer in Amerika baie hoog is en dat jy sterk moet wees in dié bedryf.
“Daar werk jy om suksesvol te wees en as jy suksesvol is, werk jy harder om suksesvol te bly.”
Sy is nie net ’n R&B sanger nie, maar skryf ook liedjies vir ander sangers.
Anchin is twee jaar gelede getroud met Tone Blaq (ook haar bestuurder).
Volgens haar het twee van haar liedjies al op ’n plaaslike Suid-Afrikaanse radiostasie gespeel en het een, In trouble, nommer een gehaal op die luisteraars-peiling.
Anchin beplan om so gou moontlik haar eerste album vry te stel onder die etiket Paarl Town Management.
Sy en haar man beplan ook om in die toekoms ’n mentorskap onder Paarl Town Management hier in die Paarl te begin.
Vir die Paarlse aspirant-sangers, wil Anchin aanspoor om aan te hou droom.
“Niks is onmoontlik nie. As dit vir my gebeur het, kan dit vir enigiemand gebeur.”
Anchin tree Saterdag saam met Idols-wenner Karin Kortjé by Club Niveau op.