Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ongelukke skend Klein Drakensteinweg

Ongelukke skend Klein Drakensteinweg
 
2010-07-29

Lise Beyers

“KLEIN Drakensteinweg het in ’n resiesbaan ontaard.”

So het ’n verkeersbeampte verlede Woensdagaand gesê, nadat ’n man ernstig beseer is in nog ’n ongeluk op dié pad.

Die ongeluk het omstreeks 20:30 plaasgevind, toe ’n bakkie en ’n motor teen mekaar gebots het by die aansluiting van Van der Stel- en Klein Drakensteinweg.

Die impak van die ongeluk was so geweldig dat die bakkie in twee stukke geskeur is, en die dak is vergruis.

Japie Julies, wat die bakkie bestuur het, is in ’n ernstige toestand na Tygerberg Hospitaal geneem met nek- en borsbeserings. Sy toestand is tans bevredigend.

Net twee dae voor hierdie ongeluk, is twee motors ook in Klein Drakensteinweg in mekaar in, dié keer by die aansluiting van Tennantstraat. Niemand is hier ernstig beseer nie.

Voetgangers word ook dikwels hier raakgery en so het verskeie mense al gesterf.

Inwoners van die gebied wil nou weet wanneer gaan die owerhede ’n daadwerklik poging aanwend om spoed te beperk in dié besige pad.

’n Inwoner wat Woensdagaand se ongeluk aanskou het, Dirk de Wet, het gesê dat talle slaaplose nagte beleef word deur inwoners.

“Dit is net ’n geskree van bande en dan wag ons met ingehoue asems vir die doodslag.

“Behalwe gewone motoriste wat hier teen hoëspoed ry, vind daar steeds onwettige straatrenne plaas.”

Daar is wel een spoedkamera in Klein Drakensteinweg, maar hierdie kamera werk glo al maande lank nie.

Verkeershoof van die Drakenstein, Japie Cornelissen het gesê dat sy afdeling hierdie ongelukke in ’n ernstige lig opneem.

“Ons is in die proses om die kamera by die verkeerslig by Fieldstraat te herstel, en die kamera by Ebenhaezer skool in Klein Drakensteinweg op te gradeer.”

* Sedert Januarie vanjaar het 26 mense reeds op plaaslike paaie gesterf.

* A man was seriously injured in another accident in Klein Drakenstein Drive.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za