Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Lighuis Familiekerk hou konferensie

Lighuis Familiekerk hou konferensie
 
2010-07-29


DIE Lighuis Familiekerk, Paarl, hou van Woensdag 4 Augustus tot Maandag 9 Augustus konferensiedienste om 19:00 (weeksaande) en 18:00 oor die naweek.

Die hoogtepunt van die week is ’n vrouebyeenkoms Maandag 9 Augustus om 15:00 by die Charleston Hill Skoolsaal in Magnoliastraat, om saam te val met Vrouedag.

Die sprekers by die konferensie is pastore Vinodha Ramasawmy en Leena Bhagarathee van die Light of Christ Church van Mauritius.

Pastoor Vinodha, ’n gesogte spreker, is die vise-president van die Federasie van Pinkster en Charismatiese Kerke van Mauritius. Tesame met haar dogter Leena is hul ’n gedugte span. Felicia Marion van Johannesburg, die voorsanger van die destyds bekende Popgroep, Joy, is die sanger by die geleentheid. Sy sal bekende liedjies soos, ‘Jesus is my master’ en ‘I will lift up mine eyes’ en andere sing.

Vir navrae, kontak pastoor Vernon Jacobs of Frances Jacobs by 021-872-0053 of 073-6565-995 of vernon@agathos.co .za.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za