Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Taalmonument vier 35-jarige bestaan

Taalmonument vier 35-jarige bestaan
 
2010-07-29


’n FEES van aktiwiteite word beplan ter viering van die 35ste verjaarsdag van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl tydens Augustus.

Dié instelling hoop om gedurende die feestydperk vanaf Augustus tot Oktober mense meer bewus te maak van die verskeidenheid van fasiliteite en dienste wat hulle bied.

Die feesprogram skop op 12 Augustus af met die vierde jaarlikse Mathews Phosa-lesing met prof Russel Botman, rektor van Stellenbosch Universiteit, as vanjaar se spreker.

Op dieselfde dag vind ’n spesiale opvoedkundige program vir graad 8-leerders plaas ter viering van Taaldag met ’n opvoering deur dramastudente van die Universiteit van Stellenbosch.

Op Taaldag (14 Augustus) kan besoekers terugreis in tyd na 1875 tydens ’n ope dag by die Taalmuseum. Kinders en volwassenes sal eerstehands ervaar hoe die lewe toentertyd was en sal kan poseer vir ’n foto in klere van toeka langs die drukpers waarop die eerste Afrikaanse koerant gedruk is.

Plaaslike kunstenaars sal by die straatkafee op die voorstoep liedjies en gedigte uitvoer (hierdie reis terug in tyd word herhaal van 23 tot 26 September tydens die Paarl Cultivaria-fees).

Op 1 September open ’n nuwe uitstalling oor vroeë geskrewe Afrikaans by die Taalmuseum, insluitend Afrikaans in Arabiese skrif, ’n transkripsie van Afrikaans soos gepraat deur slawe en dokumente van koloniste.

Tydens September word ’n spesiale opvoedkundige program met die tema “inheemse kennis” vir graad 4 tot 6-leerders aangebied oor verskillende kultuurgroepe se kos, geloof en gebruike.

Die fees beloof om vele vermaak te verskaf. Vir meer inligting en die volledige program, skakel 021-872-3441 of besoek www.taalmonument.co.za.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za