Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dié gebied 'n skande

Dié gebied 'n skande
 
2010-08-05


AS ’n inwoner en belastingbetaler van Suider-Paarl wil ek graag van die owerhede verneem wat gedoen gaan word omtrent die toestand van die Paarlstasie-omgewing. Pla dit niemand hoe dit daar lyk nie?

Ek verwys spesifiek na die stuk grond langs die hotel wat met geroeste sinkplate omhein is - dan praat ek nie eens van hoe dit binnekant lyk nie.

Wie is die eienaar van hierdie erf en kan die eienaars dan nie aangespreek word om hul erwe netjies en skoon te hou en ordentlik te omhein nie? Dis ’n afskuwelike gesig om elke dag daar verby te ry. Dieselfde geld vir die geboue oorkant die hotel - twee pragtige ou geboue - maar beide in ’n haglike toestand. Moet dit ook ontaard in ’n seer oog soos die Loopstraat-bouval?

Hier kan ’n mens nou regtig jou kop in skaamte laat sak - en dan ry die toerbusse elke dag in die omgewing om mense op en af te laai. Skande!

M de Jager




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za