Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Misdadigers hardwerkend

Misdadigers hardwerkend
 
2010-08-05


BAIE dankie aan ons misdadigers. Julle doen jul werk uitstekend. Julle vra nie ’n verhoging of oortyd of staak nie oor ’n hoër bonus nie.

Menige werknemer behoort sy of haar kop in skaamte te laat sak as u kyk na die ywer en entoesiasme waarmee die misdadiger sy of haar werk aanpak.

In die omgewing waar ek werk het vyf waterpompe met elektriese motors net verdwyn. ’n Elektriese kabel het vyf keer verdwyn en dit binne ’n paar maande.

Vrugte word by die tonne in plastieksakke weggedra. Kry jy die man met die sak vrugte binne die draadheining wil die regspraak weet of jy gesien het dat hy die vrugte pluk.

Kry jy die man buite die draadheining, wil die regspraak hê jy moet bewys dat dit jou vrugte is.

As ek die media reg verstaan gaan dit met ander sake ook so. Is dit waarom net 10% van alle sake suksesvol afgehandel word?

Ek moet die misdadiger waarsku teen my kwaai hond en elektriese draad. Selfs die buurtwag moet hul bordjies vertoon om in te kom.

Maar die misdadiger hoef my nie te waarsku nie. Hy slaan toe net wanneer en hoe hy wil.

Terwyl die misdadiger vry en in ’n avontuurlike omgewing beweeg, sit ek dag en nag agter tralies - bedags by die werk en snags by my huis!

Misdaad moet gestop word - ons kan nie so voortgaan nie.

Dit geld vir elkeen, van die hoogste gesag tot op die sypaadjie en van elke vierverdieping huis tot elke plakkershut.

Ek is jammer ek kan misdaad nie meer aanvaar nie. Ons ekonomie gaan ’n skok kry en baie klein besighede gaan toemaak.

G Malherbe




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za