Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Is dit regtig nodig?

Is dit regtig nodig?
 
2010-08-05


EK skryf die brief na aanleiding van wat Maandagoggend 27 Julie in Generaal Hertzogrylaan op Wellington gebeur het.

Ek het my kind by die dagmoeder afgelaai vroegoggend. Op pad terug sien ek hoe ’n motor teen wat vir my gelyk het na omtrent 80km/h van bo van Blouvleiweg se kant af ry.

Ek sien die hond in die pad staan en hoop die motorbestuurder sien die hond raak wat die straat nou al sy hele lewe lank elke oggend verken, maar die volgende oomblik tref die klein karretjie die hond dat die kar se stukke so spat.

Die bestuurder moes hom of haar seker doodgeskrik het, want dié jaag net voort, laai sy kind by die laerskool af en ry weg.

Wat my toe die ergste pla, behalwe dat ek nou moet veearts toe ry met iemand anders se hond, is dat die bestuurder van die motor nie eens terugkom om te kom help nie.

Ek het toe maar nader gegaan om te kyk wat sal ek kan doen met die gedagte dat, as die hond te sleg lyk, ek hom die genadeskoot sal moet gee en glo my, dit was nie ’n mooi prentjie nie.

Toe staan ek en ’n skolier en kyk en nie een van ons weet regtig wat om te doen nie en toe ek met die hond praat, spring hy op en hardloop mank die straat op. So ek hoop hy voel al beter.

Ons almal wat die pad soggens gebruik weet dat daar daagliks kinders oor die pad stap. Al is jy laat, is dit nie ’n kind se lewe werd nie.

So asseblief mense, dink en dink weer - spoed maak dood, veral as jy in die donker jaag waar daar kinders is.

Geskok




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za