Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pluimpie vir raad

Pluimpie vir raad
 
2010-08-05


EK het Sondagaand 25 Julie tuisgekom en gevind dat my krag af was. Ek het die munisipale noodnommer geskakel en binne 20 minute was die span van Willie Small en Tollie Cupido van die munisipaliteit by my huis. Hulle het onmiddellik die munisipale kragboks oopgesluit en die krag weer aangeskakel. Twee uur later het die krag weer afgeskakel en hulle was bereid om weer dadelik uit te kom, maar dit was Sondagaand-slaaptyd en ek was geneë om te wag tot die oggend.

Stiptelik agtuur was Willie en Tollie weer by my huis. Die krag het weer gehou tot die aand, waarna dit weer afgeslaan het.

Binne 20 minute was hulle daar en lê toe ’n tydelike kabel vanaf ’n aangrensende eiendom en ek het weer krag. Agtuur Dinsdagoggend was hulle daar met ’n groot toetsapparaat en stel vas dat my kabel inderdaad deur my oorywerige tuinier raakgesteek is. Binne ‘n uur was die totale probleem opgelos.

Ek betaal my belasting met ’n groot glimlag. Dankie ook vir vriendelike skakelbord.

Reon van der Merwe




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za