Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vrae oor riooldam in Wellington

Vrae oor riooldam in Wellington
 
2010-08-05


TERWYL ek onlangs met my motor verby die Wellington gholfbaan gery het, het ek bewus geword van ’n onaangename reuk in die omgewing. My vermoede dat dit afkomstig was van die oop riooldam wat tans in Stokeryweg ingerig word, is bevestig toe ek stilgehou het.

In antwoord op my navraag het ’n verteenwoordiger van die siviele-ingenieursfirma wat die aanleg doen, die volgende inligting verstrek: Die riool van Wellington word weggepomp deur die Pentz-straat-rioolstasie wat langs die ingang van die gholfbaan geleë is. Aangesien die pompstasie by tye nie al die riool kan wegpomp nie, gaan die surplusriool van nou af na die oop riooldam teenaan Stokeryweg gepomp word.

Die bedoeling is dat hierdie surplusriool telkens weer in die stelsel teruggepomp moet word. In die praktyk gebeur dit egter nie en al die riool kan in elk geval nie weer teruggepomp word nie, want ’n neerslag of sediment bly in die dam agter.

Maak die impakstudie wat gedoen is daarvoor voorsiening dat ’n oop riooldam in ’n residensiële gebied ingerig word, en is dit toelaatbaar? Is die skep van ’n oop riooldam effektief aan die gemeenskap van Wellington gekommunikeer, spesifiek aan omliggende inwoners en besighede?

Was die besluit om ’n riooldam met ’n opvallend vuil inhoud en ’n onaangename reuk teenaan die vernaamste deurpad deur Wellington in te rig met die nodige sensitiwiteit geneem?

Wat gaan gedoen word om hierdie opsigtelike terrein ’n vriendelike voorkoms gee?

Dr Thys Smit

Die munisipale woordvoerder, May Carolissen, reageer: Ons is besig om die Pentzstraat-rioolpompstasie te Wellington en die stygleiding op te gradeer.

Ongeveer 80% van alle rioolwater in Wellington word vanaf die pompstasie na die suiweringswerke gepomp. Die opgradering is juis om die risiko van besoedeling in die area te verlaag.

Die huidige werke is tydelik van aard totdat die omgewingsgoedkeuring vir die permanente werke verkry kan word.

Die tydelike werke behels die opgradering van ’n bestaande retensiedam wat, indien rioolwater vanaf die pompstasie oorloop, dit kan opvang tydens piekvloeiperiodes. Dit word dan in afpiek-periodes weer na die Pentzstraat-pompstasie gepomp Dié maatreël is juis om besoedeling van die Bergrivier te verhoed.

Die permanente werke behels ’n permanente en groter retensiedam wat tans as deel van die omgewingsaansoek oorweeg word. Deel van die goedkeuring behels ’n publieke deelnameproses. Ondersoek sal gedoen word hoe die werke minder sigbaar gemaak kan word vir die publiek (bome aanplant, reuke verhoed).




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za