Gids oor SA wynbedryf nou beskikbaar
2010-08-05
DIE 12de jaarlikse uitgawe van die SA Wine Industry Directory – bekend as die “Sawid” – het pas arriveer en bevat meer inligting as ooit vantevore om die Kaapse wynland mee te ‘navigeer’. Die Sawid 2010/11 se omvattende, opgedateerde wynprodusente-afdeling bevat nou die kontakbesonderhede van 1 184 produsente wat geregistreer is om wyn te maak via 936 aktiewe wynmakerye – van garagiste- en boetiekwynmakerye tot produserende groothandelaars. Dit lys ook 900 wynmakers en 425 wingerdkundiges, terwyl die handelsmerkindeks uit 1 668 handelsmerke bestaan. Hierdie gids het homself al oor die jare bewys as onontbeerlik vir elkeen wat in en met die Kaapse wynbedryf besigheid doen. Navrae by 021-701-4477, faks by 021-701-447 of marketing@blueweaver.co.za. Sien ook www.wineland.co.za.
More
News
|