Cultivaria bied werksgeleenthede
2010-08-05
VOORBEREIDINGS vir die 2010 Cultivaria-kunstefees met titelborge FNB en Drakenstein Munisipaliteit is volstoom aan die gang en vanjaar se fees bied weer eens ’n propvol vermaakkalender. Die Cultivaria webwerf www.cultivaria.com is reeds oop vir besprekings. Soos in die verlede sal Cultivaria ook ’n welkome ekonomiese inspuiting vir die Drakenstein munisipale area lewer en ’n aansienlike bydrae tot werkskepping maak. Poste is beskikbaar vir drywers, plekaanwysers by die feeslokale, skoonmakers, kaartjiekantoor-operateurs en werkers in die Liqui-fruit kinderteater. Daar is ook ’n onmiddellike posisie beskikbaar vir ’n rekenaarvaardige kantoorassistent by die Cultivaria-feeskantoor. Aansoekvorms is beskikbaar by die feeskantoor of op die Cultivaria webwerf. Die kaartjiekantoorpersoneel ontvang intensiewe opleiding in tele-bemarking en hanteer alle navrae, besprekings en kaartjieverkope tydens die fees. Tot dusver het 98% van die personeel wat by die inbelsentrums betrokke was by vorige feeste permanente posisies na afloop van die fees gekry, weens die waardevolle opleiding en ondervinding wat hulle opgebou het.
More
News
|