Kuns/Art Calendar
2005-09-29
Kuierplek: DJ Dean is nou elke Vrydagaand van 21:00 tot laat by Raphello’s Pub op die hoek van Lady Grey- en Eilandstraat (regoor Sasko) in die Paarl.
Teaterkafee: Vanaand om 20:30 is daar ’n Beatles Tribute show by Dorpstraat op Stellenbosch. Môre is Anton Goosen daar en Maandag is daar weer Tango-klasse (19:15). Dinsdag is dit PG du Plessis en Alexa Strachan met ‘Lieg dan deur jou tande’ en Woensdag is Hex daar. Donderdag 6 Oktober is Viva Espana op die program, en Vrydag 7 Oktober is dit Emile Minnie met Onderwater Drome. Bespreek by 886-6107.
Veldwinkel: Die Helderberg Veldwinkel vind Saterdag van 08:30 tot 13:00 by Southey’s Vines, in die Hoofweg van Somerset-Wes, plaas.
Boekpraatjies: Anton Goosen gesels Saterdag om 11:00 by Protea Boekwinkel (Stellenbosch) oor sy lirieke wat onlangs in boekvorm as “Die hitte van die teerpad” verskyn het. Saterdag 8 Oktober is Francois Bloemhof, bekende jeugboek- en spanningsverhaalskrywer wat onlangs gesamentlike wenner van die Sanlam-prys vir Jeuglektuur was, daar om oor sy pryswennerroman “Nie vir kinders nie” te gesels. Skakel 882-9100 vir meer besonderhede of besoek die webblad by www.protea boekhuis.co.za.
Vrouedag: “Wees ’n pilaar en ’n stille krag in Hom” - Riana en vriendinne gesels en bid saam in die Kuierkamer @ Kikka Coffee Shop (Hoofstraat) van 10:00 tot 11:00. Navrae: Riana Scott, 082-7722-300.
Opera: ‘Carmen’ will be performed at Artscape (Opera) from 24 September to 8 October. Bizet’s 1875 opera is set in Spain and tells the story of a young gypsy woman who works in a cigarette factory. She falls in love with a soldier, but later transfers her affections to a bullfighter, with tragic results. Tickets at Computicket.
Quilting: The Good Hope Quilter’s Guild will stage an exhibition in Riebeek Kasteel from 24 to 27 September. Contact Sheila Walwyn, 082-887-8266.
Aspoestertjie: Dié gewilde ballet-feëverhaal kan van 4 tot 22 Oktober by Kunstekaap gesien word. Dit is deur Veronica Paeper gechoreografeer en aksentueer haar aanleg vir die komiese. Die Kaapse Filharmoniese Orkes, gedirigeer deur Michael Hankinson, sal die musiek van Prokofiev by uitgesoekte opvoering uitvoer. Kaartjies van Kunstekaap-Bel-’n-Sitplek, 421-7695 of Computicket http://www.computicket.com.
Dans toonvenster: Die Westelike Provinsie Dansonderwysersvereniging bied van 5 tot 8 Oktober ’n glinsterende vertoning van verskillende dansvorms met Kaapse studente aan by Kunstekaap. Altesaam 25 items word vir die opvoering in twee programme verdeel. Kaartjies te kry van Kunstekaap-Bel-’n-Sitplek, tel 421-7695 of Computicket http://www.computicket.com.
Boeremusiek: Die Boeremusiekgilde is op 7 en 8 Oktober in Kuilsrivier byeen vir hul algemene jaarvergadering en nasionale boeremusiekkompetisie. Die vergadering is 7 Oktober om 19:00 by Jan Krielskool en die kompetisie die volgende dag om 13:00 by Hoërskool De Kuilen. Om 19:00 tot 24:00 is daar ’n dans. Toegang vir die kompetisie en dans is R20. Om ’n stalletjie te huur, skakel Louis Hurter by 903-3730.
Kinderoperette: Wagenmakersvallei Primêr bied op 19 en 20 Oktober die kinderoperette, Reënboogland, van CE de Jager aan in die Wellingtonse stadsaal. Hulle soek na borge om te help met groot kostes. Skakel die skool by 864-1096 of epos admin@wagenmakersps.wcape. school.za.
Fun fair: The Pearlites Entertainers will present a community amusement fun fair on 11 and 12 November at Pelican Park, Wellington. Stalls can be booked with Nazeem at 873-1448/083-643-7682 or Denver at 873-7038/073-648-1731/915-2906 (w).
Jaareindfunksie: Die NGK Suider-Paarl reël ’n jaareindfunksie vir maatskappye en vriende op 1 Desember om geld in te samel. Bespreek ’n tafel en lag en sing saam met Wickus van der Merwe. Dit begin om 18:30 vir 19:00 by Boschenmeer en drag is semi-formeel. Koste is R220 (sluit driegang-maal in). Skakel Nico by 083-675-6862.
More
News
|