Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Brandewyn kom met goud in die hand huis toe

Brandewyn kom met goud in die hand huis toe
 
2010-08-05


WAT Bafana graag nog op die sokkerveld wil vermag, het Suid-Afrikaanse brandewyn loshande op die internasionale kompetisie-arena reggekry deur ’n ryk oes toekennings - ingesluit vier goue medaljes – in te palm by die 2010 International Spirits Challenge (ISC).

Dié prestasie herbevestig brandewyn, een van Suid-Afrika se mees ikoniese produkte, se internasionale status as die beste ter wêreld.

Slegs Suid-Afrikaanse produkte kon dit regkry om goue medaljes te verower in die betrokke kategorieë waarin hulle deelgeneem het. Die vier uitblinkers is KWV 20 Year Old Potstill (gedistilleer deur KWV by hul Worcester distilleerdery) asook Van Ryn’s 10 Year Old Vintage, Van Ryn’s 15 Year Old Fine Cask Reserve en Mellow - Wood Standard, almal gedistilleer deur Distell by hul Van Ryn’s Brandewynkelder op Stellenbosch.

Suid-Afrika het ook verreweg die meeste silwer medaljes - vyf uit die ses wat toegeken is - ontvang. Dit is verower deur Oude Meester VSOB; Oude Meester Reserve 12 Year Old; Klipdrift Export en Richelieu (almal van Distell) en Uitkyk Brandy, geproduseer deur Cape Legends.

Sewe bronsmedaljes is ingepalm, terwyl nege brandewyne vermeldings ontvang het.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za