FAMSA Drakenstein nooi alle voltydse beraders soos predikante, pastore, maatskaplike werkers en sielkundiges uit na twee opleidingsgeleenthede.
Oor twee dae, op 14 en 21 Augustus vanaf 08:30 tot 13:00, word vir beraders ’n Trauma-ontlontingswerkswinkel aangebied.
Kostes is R500 en sluit verversings in.
Op 12 Augustus bied hulle ’n werkswinkel in Imago-terapie aan (’n nuwe instrument in die beradingsproses). Die werkswinkel vind plaas vanaf 09:00 tot 14:00. Kostes is R350 per persoon en sluit verversings in.
Belangstellendes kan vir Famsa Drakenstein voor 10 Augustus kontak by 021-872-2700 of by paarl@famsa.org.za.