Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gesoek: Wellingtonner van die jaar

Gesoek: Wellingtonner van die jaar
 
2010-08-05


DIE Wellington Rapportryerskorps bied vanjaar weer die swierige Wellingtonner van die Jaar-funksie vir die 20ste keer aan op 16 September in die Hugenote Laerskoolsaal.

Tydens die geleentheid word erkenning gegee aan inwoners van die dorp, wat op besondere wyse by die gemeenskap betrokke is en was.

Ken u moontlik so ’n persoon? Stuur u nominasie vir dié besondere toekenning aan die Voorsitter, Wellington Rapportryerskorps, Posbus 129, Wellington of e-pos aan johann@andrewmurray.org.za voor 31 Julie. Alle inligting word as vertroulik gehanteer.

Die inskrywing moet die volgende inligting bevat:

Volledige naam en van van die genomineerde, die volledige naam en van van die nomineerder, volledige uiteensetting van die genomineerde se betrokkenheid by die gemeenskap van Wellington, aantal jare woonagtig in Wellington, kontakbesonderhede vir verwysing en die nagaan van die korrektheid van inligting, asook duidelik uiteengesette motivering vir die nominasie.

Kaartjies vir die dinee sal by Write Shoppe in Wellington, Kerkstraat en Markpleinsentrum beskikbaar wees teen R150 by enige lid van die korps. Die aand beloof om vermaak en pitkos te lewer.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za