Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vroue van Huis Cummings vereer

Vroue van Huis Cummings vereer
 
2010-08-05


DIE Vriende van Wellington Museum vier vanaand Nasionale Vrouedag deur die vroue van Huis Cummings te vereer.

Dit was juis Anna Cummings, Abbie Ferguson en Anna Bliss wat ten nouste gemoeid was met die totstandkoming van die koshuis Huis Cummings wat uiteindelik in Januarie 1898 geopen is.

Die opening het saamgeval met die 25-jarige viering van die Seminarie, die skool vir dogters wat deur dr Andrew Murray tot stand gebring is. Ongelukkig is die dak en die grootste gedeelte van die inhoud van die gebou in ’n brand in Mei 2008 vernietig. Tot op hede is daar nog niks gedoen om die gebou te beskerm nie, maar die verwagtinge is dat werk aan die restourasie eersdaags begin sal word.

Die Vrouedag-vieringe vind by die Wellington Museum in Kerkstraat plaas op Donderdag, 5 Augustus om 19:00.

Die program sluit in ’n voorlesing deur Eugenie Wiggins en Cornelia du Preez en ’n kort praatjie deur Winnie Rust. Daar sal ’n foto-uitstalling van Huis Cummings wees en die aand word afgesluit deur die bediening van sop en brood.

Toegang is gratis en alle belangstellendes is welkom.Bespreek by Olivia by 021-873-4710 of welmus@telkomsa.net.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za