ALLE oudleerlinge en onderwysers van die Paarl Hoër Handelskool (nou Labori) word hartlik uitgenooi na die reünie in die skoolsaal Vrydagaand 20 Augustus op die vooraand van die interskolestryd teen Bosmansdam in die Paarl.
Verrigtinge begin om 18:30 in die skoolsaal en word gevolg deur die OOV-dans.
By die geleentheid word die eerste rugby-, netbal- en hokkiespan voorgestel.
Kaartjies is R35 (bring eie eet- en drinkgoed).
Saterdag 21 Augustus vind die rugbywedstryde plaas by die Betel-sportvelde. Om 11:00 is daar ’n toer deur die skool en 13:00 kom almal ná die eerstespan-wedstryde by die Bethel Klubhuis bymekaar.
Die middag word die koshuise besoek en om 18:30 volg ’n braai by Betel Klubhuis (R50). Sondag word die naweek afgesluit met ’n spesiale kerkdiens in die Toringkerk om 09:30.
Daar sal ’n program vir die dag opgeplak word by die skool en ook by die klubhuis.
Skakel die skool om te bespreek by 021-872-8293 of betaal vir die dans/braai met die verwysing “Reünie” en jou naam in die rekening van Hoërskool Labori by Nedbank Paarl 1470048000 (takkode 147 005).
Faks die bewys vir aandag Amanda Gerricke na 021-872-7810.
Vir navrae, kontak Elizma by 083-412-9541.