OP Saterdag 21 Augustus om 10:00 is Dolf die wolf en die drie varkies te sien by die Ou Meul-teater.
Die drie varkies besluit om hulle eie paadjie te loop en elk sommer ook hul eie huisie te bou. Hier word hul deur slegte raad bedien - en soos in die sprokie is Dolf die wolf gou op hul spoor om te kyk of hy ’n kans gaan kry om homself van ’n smaaklike ete te voorsien.
Of Dolf se lang kapasiteit op die einde genoeg gaan wees om ’n Faktotum-geïnspireerde baksteenhuisie te vernietig en of Dolf sy middagmaal gaan kry? Dit sal gehore maar self moet kom kyk.
Die lede van die professionele akteur-span is Johan Falck, Alex Marais, Maryke Nel en Lize-Marie Smallberger.
Dié klassieke sprokie is tot ’n vermaaklike toneelstuk verwerk deur Gaerin Hauptfleisch, wat ook die regie behartig.
Kaartjies is R40 en kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of by vstemmet@gmail.com.