Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugby-flitse

Rugby-flitse
 
2010-08-05


ROSES PAK VILLAGERS

Roses United pak eerskomende Saterdag vir Villagers Worcester op die Boland B-veld in Wellington. Toeskouers moet egter daarop let dat die hoofwedstryd reeds 14:00 begin.

Die vervroegde afskoptyd is gereël ten einde nie inbreuk te maak op die skole-derby tussen Wellington Sekondêr en Charleston Hill Sekondêr, wat ook Saterdag op die aangrensende A-veld plaasvind nie.

RANGERS VAL VAS TEEN UWC

Paarl Rangers kon Saterdag net nie die knoop deurhak om vir UWC te klop nie en het uiteindelik met 16-30 verloor.

Die eerste helfte was ’n gelykopstryd, met die telling 8-5 in UWC se guns.

In die tweede helfte het die Paarliete nie goed begin nie, toe hulle ’n onderskepdrie afgestaan het teen die span wat aangevoer word deur die oud-Springbok Quinten Davids.

Vir Rangers het Charlton Jacobs weer sy hart uitgespeel.

Rangers hoop om groot opskudding te veroorsaak tydens Young Peoples se sewestoernooi eerskomende Vrydagaand.

PEOPLES DELF ONDERSPIT

Net toe dit wou voorkom of Young Peoples Rugbyklub hul verlore vorm in die WP Superliga B herwin het, het hulle die wenpad wéér byster geraak met ’n 15-26 nederlaag teen die Kraaie van Kraaifontein.

Die hartseerste deel van dié nederlaag, is die feit dat Kraaifontein tweedelaaste op die punteleer lê (23 punte), met Peoples in die laaste plek (19 punte). Peoples het egter slegs twee wedstryde oor, terwyl Kraaifontein nog vier wedstryde oor het.

Peoples sal dus waarskynlik volgende jaar in ’n laer liga (WP Premierliga A) meeding.

Jacques Lategan en Garth Lewis het Peoples se drieë gedruk, terwyl Morné Williams een straf- en een doelskop behaal het.

Peoples het eerskomende naweek ’n loslootjie.

HILLCREST TROEF CITRUSDAL

Hillcrest United sal seker nooit weer hul opponente onderskat nie. Dit was so byna of Citrusdal het dié wedstryd gewen, wat Hillcrest eintlik vroeg reeds moes wen.

Hillcrest het uiteindelik 31-20 geseëvier.

Teen ’n baie sterk wind het die manne van Wellington rustyd gerieflik met 19-8 voorgeloop. Citrusdal moes in die tweede helfte alles in die stryd werp om die manne in blou van hul doellyn af te hou.

Oorhaastigheid en ’n gebrek aan dissipline om by die wedstrydplan te hou, het veroorsaak dat Hillcrest nie oor die doellyn kon gaan nie.

Met vyf minute se spel oor, slaag Citrusdal daarin om twee drieë teen die verloop van die spel te druk.

Citrusdal het egter daarin geslaag om onmiddellik met ’n drie te antwoord om sodoende weer die voortou te neem, en in beseringstyd het Hillcrest die mooiste drie van die wedstryd gedruk.

Gershwin Heugh, Mario Jones, Mario Oransie, Shelton Benn en Randall Rudolph het Hillcrest se drieë gedruk. Lesley Gertse het met twee doelskoppe geslaag en Frederick Marang het een drie verdoel.

Eerskomende naweek speel Hillcrest teen St Helenabaai op CPUT se veld. Slegs een punt skei dié twee spanne.

YOUNG PEOPLES SEVENS TOURNAMENT

Young Peoples is hosting its annual Sevens tournament on Friday at Dal Josaphat Stadium.

Eight of the top rugby clubs in Paarl will participate in this tournament.

Albions, the current champions, will defend their crown at 18:30 against Lower Paarl. The game will be followed by Paarl Rangers vs Young Peoples, Young Gardens vs Violets and Allandale vs Wellington.

Part of the value of this fun event lies in the ties of friendship which are forged on and off the field. All welcome.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za