Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Seniors vier fees

Seniors vier fees
 
2005-09-29


DIE week is nasionale Bejaardesorg Week en Rusthof Ouetehuis en die Dienssentrum in Paarl-Oos het ’n vol program.

Die program is Maandag deur burgemeester Herman Bailey geopen, wat die seniors geloof het vir hul bydrae tot die gemeenskap.

Vandag om 10:00 voer Weltevrede Sekondêr hul musikale blyspel in die Zion-saal op. Die publiek is welkom en toegang is R5 by die deur.

Môre geniet die seniors ’n spesiale ontbyt en Saterdag bereik die program ’n hoogtepunt.

’n Optog met voertuie en die personeel as trompoppies begin om 09:00 by Foodworld, gevolg deur ’n spoggerige ete.

Vrydag en Saterdag is daar stalletjies met handwerk en gebak by die tehuis.

Mense wat bydraes wil maak, kan Rusthof skakel by tel 862-2230/8.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za