Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Laat winter of vroeë somer?

Laat winter of vroeë somer?
 
2010-08-05


TALLE vrae word tans gevra oor die sonnige weersomstandighede die afgelope maand.

Terwyl heelwat reën nog benodig word, is lente reeds in die lug.

Alhoewel daar goeie vroeë reëns in Mei geval het, en in die Paarl middedorp meer as 100mm meer gemeet is as verlede jaar se syfer, was Julie se reënvalsyfer laer. In Dal Josafat is net 65mm gemeet in vergelyking met 122mm verlede jaar.

Die Wemmershoekdam is tans net 72% vol in vergelyking met 92% verlede jaar hierdie tyd, hoewel die Bergrivierdam vol is. Maar boere sê dat daar tans nog nie rede vir kommer is nie.

William Bourbon-Leftley, ’n vrugteboer van Wemmershoek, het gesê dat alhoewel die reënval 100mm laer was as verlede jaar Julie, is hy bly oor die vroeë sneeu en koue nagtemperature wat hulle beleef het.

“Die winterkoue is uiters goed vir vrugte en steeds kry ons baie koue nagtemperature. Ons het reeds baie ryp gehad en dan het die kwik tot byna vriespunt gedaal.

“Tans lyk dinge goed vir die kommende seisoen, maar enigiets kan nog gebeur. Ons is uitgelewer aan die natuur.”

Willem Grobbelaar, Wes-Kaap Streeksbestuurder vir die Drakenstein-area vir Agri Wes-Kaap, het gesê dat die temperatuur warmer is as wat dit normaalweg hierdie tyd van die jaar is.

“Die warmer weer veroorsaak dat die vroëe pruime begin bot, en as daar skielike koue kom, kan dit weer die botproses vertraag. Dit sal bestuiwing beïnvloed en ‘n negatiewe effek hê op vrugset en vruggrootte. Op die oomblik word wingerde nog nie veel deur die warmer weer geaffekteer nie.”

’n Laat winter kan ook bye verjaag wat ’n uiters belangrikke rol speel in die bemesting van vrugtebome.

* More rain is hoped for, following the mild winter which the valley has been experiencing.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za