Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Windmeul verniel Standards in Streekliga

Windmeul verniel Standards in Streekliga
 
2010-08-05

Jaco van Wyk

DIE grootste opskudding in die Paarl Streekliga die afgelope Saterdag, was beslis Windmeul United se reuse 50-15 oorwinning oor Young Standards op die Daljosafat-stadion.

Windmeul het altesaam sewe drieë ingeryg om dié sege te behaal.

Windmeul se driedrukkers was Cardo Samuels (2 drieë), Adrian Solomons, Danville Apollis, Jaco Simonse en Henry Fredericks.

Windmeul en Standards se tweede spanne het met 10-elk gelykop gespeel en Windmeul se derde span het 20-0 gewen.

) RIVERSTONES KLOP YOUNG GARDENS

Riverstones beklee weer die tweede plek op die Streekliga-punteleer, ná hul 15-13 oorwinning oor Young Gardens.

Young Gardens se tweede span het 31-7 gewen en die derde spanne het met 10-10 die louere gedeel.

) VINEYARDS TRAP SIMONDIUM

Vineyards Rugbyklub is steeds op die wenpad na ’n goeie 22-14 oorwinning oor Simondium.

Die tweede spanne het 8-8 gelykop gespeel en Vineyards se derde span het 20-0 gewen.

) ALLANDALE OORWIN PÊREL UNITED

Allandale Rugbyklub het Saterdag ’n oortuigende 32-13 sege behaal teen Pêrel United. Allandale se derde span het 20-0 gewen terwyl die derde span van Allandale 20-0 gewen het.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za