Bejaarde vermoor in Courtrai
2010-08-05
Lise Beyers
DIE Paarl polisie is op soek na ’n werknemer van ’n bejaarde vrou, nadat sy verlede week dood in haar huis aangetref is. Die lyk van Maggie Visagie (70) is die Maandagoggend ontdek, nadat ’n buurman onraad vermoed het omdat hy haar vir drie dae nie gesien het nie en haar honde het aanhoudend geblaf. Hy het die polisie ingelig, wat op haar lyk in ’n slaapkamer van haar huis in Picardiestraat, Courtrai, afgekom het. Sy sou volgende naweek 71 jaar oud word. Daar is oorspronklik vermoed dat Visagie geval het en haar kop gestamp het, maar toe die begrafnisondernemer die liggaam kom verwyder het, het hy aan die polisie uitgewys dat hy onraad vermoed. By nadere ondersoek is ’n baksteen met bloed en hare daarop in die tuin ontdek. Die ondersoek is toe verander na dié van moord. ’n Sinotec DVD-speler, Samsung diditale kamera, twee Nokia selfone en ’n Black & Decker skuurmajien word vermis. Daar is ook tekens dat kontant uit haar beursie verwyder is. Die polisie is nou op soek na ’n man wat gereeld tuinwerkies vir haar gedoen het. Hulle wil graag Adam Ockhuys ondervra in verband met die voorval. Ockhuys het al vantevore met die gereg gebots en het geen standvastige adres nie. Enigiemand met inligting kan a/o Gerrit Boois skakel by 021-807-4000. Visagie is deur vriende en familie beskryf as ’n saggeaarde mens wat altyd haar medemens wou help. So sy ook waarskynlik vir Ockhuys wou help toe hy by haar aanklop. Sy is Dinsdag vanuit die NGK Courtrai begrawe. Sy word oorleef deur haar dogter, Marieta Esterhuizen en seun, Emmanuel Visagie. Nog ’n seun, Awie, wat by haar gewoon het, is ’n maand gelede in ’n motorongeluk in Simondium dood. * A murder docket has been opened after an elderly woman was found dead in her home in Paarl South last week.
More
News
|