Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


HJS en Gim deel louere

HJS en Gim deel louere
 
2010-08-05

Jaco van Wyk

DIE eerste rugbyspanne van Hoër Jongenskool (Boishaai) en Paarl Gimnasium het met 19 elk die louere gedeel ná afloop van ’n spannende interskole-kragmeting op die Faurestraat-stadion in die Paarl.

Soos die telling weerspieël, was dit ’n baie gelykop affêre tussen dié twee tradisionele aartsvyande.

Hoewel HJS in ’n stadium gemaklik voorgeloop het met 19-12, verdien die Gimmies krediet vir die wyse waarop hulle teruggeveg het.

Die rustyd-telling was 13-12 vir Boishaai.

Boishaai het hul rekening reeds vroeg in die wedstryd geopen met ’n strafdoel deur die losskakel Gavin Hauptfleisch.

’n Paar minute later het Gim egter teruggeantwoord met ’n skepdoel deur hul losskakel Lance Ruthford, om sake gelyk te maak.

’n Strafdoel deur Gim se kaptein, Willie Viljoen (skrumskakel), in die 15de minuut en ’n strafdoel deur Boishaai se Hauptfleisch in die 20ste minuut het gevolg, voor laasgenoemde span die eerste drie van die wedstryd in die 22ste minuut kon druk.

Goeie samespel deur die Boishaaiers het tot die drie deur Devan Williams gelei, met Hauptfleisch in die kol met die doelskop.

Viljoen het twee verdere strafdoele vir Gim aangeteken, om rustyd binne te gaan met die telling op 12-13.

Boishaai het in die tweede helfte wéér eerste bloed geruik met ’n strafdoel, waarna hulle vir ’n ruk ook die meeste van die aanvalwerk gedoen het.

In dié tydperk het Boishaai hul opponente se verdediging deeglik getoets, voor Hauptfleisch nog ’n strafdoel kon oorklits.

Halfpad deur die tweede helfte het Gim egter met nuwe energie begin speel, wat uiteindelik gelei het tot ’n drie deur die binnesenter Kobus van Wyk, in die 27ste minuut.

Van Wyk se drie is deur Viljoen verdoel om sake gelyk te maak.

Vir die res van die wedstryd moes Boishaai behoorlik hul keer ken, met Gim wat die een aanval ná die ander geloods het.

Klipharde verdediging aan beide kante het egter ’n verdere drie verhoed, met die gelykop-uitslag uiteindelik ’n regverdige resultaat.

PUNTEMAKERS: HJS – Devan Williams (1 drie); Hauptfleisch (4 strafdoele, 1 doelskop).

Gim – Kobus van Wyk (1 drie); Lance Ruthford (1 skepdoel); Willie Viljoen (3 strafdoele, 1 doelskop)

ANDER UITSLAE: In die voorwedstryde Saterdag het Gim se o.15A-span 11-10 gewen, HJS se o.16A-span het 38-15 gewen en HJS se o.19B-span het 26-5 gewen.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za