DIE coloratuur-sopraan Jo-Nette Le Kay sal op Maandag 16 Augustus om 19:30 by Mooikelder Gastehuis in die Paarl ’n sangaand aanbied met verskeie gaskunstenaars en kore.
Jo-Nette is ’n boorling van die Paarl en tree gereeld op in en om die Boland. Sy sing veral opera en werke van musiekblyspelle.
Sy is tans werksaam as sangonderwyser by Frank Pietersen Musieksentrum en haar studente sal verskeie duette soos, ‘All I ask of you’ en ‘The Prayer’ opvoer. Die Frank Pietersen Musieksentrum Jeugkoor tree ook op, asook die sentrum se Sang-ensemble. Die Amerikaanse tenoor Christopher Eaglin en sopraan Adri Louw gaan ook optree. Nog ’n gaskoor, the ‘Guest choir’ sal ook aan die einde van die aand optree. Die geleentheid dien ook as ’n platform vir die offisiële lansering van dié koor, waarnaas die offisiële naam van die koor bekend gemaak sal word. Dit gaan ’n glansgeleentheid wees, waar pragtige solo’s, duette en koorwerke uitgevoer sal word.
In die gehoor sal ’n Belgiese toergroep wees, wat saam met gaste kaas en wyn sal geniet aan die einde van die aand.
Kaartjies (R80 en R40 vir leerders) is verkrygbaar by die deur of kan bespreek word by Mooikelder gastehuis by 021-869-8787 of met Jo-Nette by 076-523-6464.