Ope dag by Taalmonument
2005-09-29
’n SPESIALE ope dag met gratis toegang word op Maandag 10 Oktober, op die dertigste herdenking van die inwyding van die Afrikaanse Taalmonument, by die monument op Paarlberg aangebied.
Dit sal om 10:30 begin en tot 15:00 duur met tradisionele musiek, kos en handwerk.
As jy nog nooit by die monument was nie en nie weet wat die monument se verskillende suile en koepels verteenwoordig nie, sal hierdie die ideale geleentheid wees om meer van die argitek Jan van Wijk se skepping te kom leer.
Begeleide toere sal aangebied word. Groepe moet bespreek vir toere by 872-3441.
More
News
|