IN ’n SMS oor die verkeerslig in Lady Greystraat by die Boulevard-kruising in die Paarl word beweer dat ’n ongeluk plaasgevind het omdat die verkeerslig oranje gewys het toe die anderkant reeds groen was.
Ek moet net noem dat die verkeersafdeling my die versekering gegee het dat dit nie moontlik is vir ’n verkeerslig om oranje te wys terwyl die anderkant reeds groen is nie.
So die betrokkene (jy weet goed wie jy is) wat oor die robot gery het - jy weet goed dat daardie lig rooi was.
Wil jy nie nou maar met die waarheid uitkom nie?
Jy veroorsaak groot ongerief en onnodige kostes aan die vrou voor wie jy op 16 Julie ingery het.
Sy is ’n enkelouer wat groot skade en mediese kostes opgedoen het, maar jy gee nie om nie.
Watse soort mens is jy dan?
Jy’t selfs jou motor geskuif nadat die ongeluk gebeur het en nie moeite gedoen om te gaan kyk of die ander mense beseer is nie.
Geskok