Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Patrollies by grafte help nie

Patrollies by grafte help nie
 
2010-08-12


EK skryf na aanleiding van “Parys begraafplaas se onveiligheid,” met verwysing na briewe van 15 en 22 Julie. Ek stem saam met Lesley se klagte wat geplaas is ná plasing van my klagtebrief.

Ek moet meld, dat talle mense my sê dat hul dieselfde probleme ondervind en nooit by hul geliefdes se grafte kan kom nie, weens die gevaar daar.

Dankie vir die antwoord van May Carolissen van die Munisipaliteit.

Wat ek wel net wil uitlig aan May Carolissen, is dat hierdie insidente wat plaasgevind het, te midde van die SAP se patrollering gebeur het.

Wat die booswigte doen, is hulle skuil agter die grafstene, het ’n sekere fluit wat hul hul makkers gee, en skielik is hulle om jou.

Gestel hul merk ’n SAP voertuig, is hulle nie sigbaar nie en geen optrede volg nie.

Is dit dan werklik nodig dat ons aan sulke gevaar blootgestel moet word?

Emmerencia Smit




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za