BAIE dankie, La Rochelle, vir die verfrissende geel voorkoms wat julle aan die Paarl gegee het met al die geel linte verlede week. Dit was ’n welkome lafenis ná die kompeterende kleure van Interskole-week (maar ons is al gewoond daaraan), en ek moet sę dat dit ’n mens weer laat regop sit het.
Geniet hierdie gelukwensing met die viering van jul 150ste verjaarsdag en reünie in styl!
Ek (en dalk baie ander) kon nie help om die ou trefferliedjie “Tie a yellow ribbon” as’t ware in my kop te hoor toe ek in Hoofstraat afgery het nie. Rudolph & Marisia de Wet