Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Met sulke polisie kom moordenaar skotvry

Met sulke polisie kom moordenaar skotvry
 
2010-08-12


EK verwys na die berig in die Paarl Post (5 Augustus) oor “Bejaarde vermoor in Courtrai”.

Daar is aanvanklik vermoed dat die 71-jarige dame vermoedelik geval het en haar kop gestamp het in die slaapkamer wat skynbaar haar dood veroorsaak het.

Die afleiding wat ek uit die berig kan maak, is dat die polisie op die toneel was en skynbaar geen gemene spel vermoed het nie.

Volgens die berig het die begrafnisondernemer wie die liggaam wou verwyder aan die polisie uitgewys dat hy gemene spel vermoed en eers na verdere ondersoek het hulle ’n baksteen met bloed en hare daarop in die tuin gevind.

Ek kan nie anders om te dink nie, dat indien dit die ware feite is, daar duidelike nalatigheid of pligsversuim aan die kant van die polisie is.

By enige skielike dood of onnatuurlike dood raak dit ’n polisie-ondersoek tensy ’n geneesheer aan wie die oorledene bekend was kan sertifiseer dat haar dood veroorsaak is deur een of ander siekte waaraan hy of sy gely het waarvoor hy/sy deur haar of hom behandel is.

Ek vertrou dat die polisie ons lesers gaan gerusstel dat dit nie ’n “begrafnisondernemer” op die toneel was nie, maar ’n lid van die forensiese afdeling wat lont geruik het.

Bekommerde Neville Botha

) EK verwys na die moord in Courtrai van ’n bejaarde vrou (Paarl Post 05/08). Dit is vir my skrikwekkend dat die begrafnisondernemer dit aan die polisie moes uitwys dat hy onraad vermoed.

Hoe kon die polisie nie self iets verdag agterkom nie?

Watter soort polisie is dit die? Kan die hoof van polisie trots wees op dié lede?

Die baksteen met bloed en hare wat vermoedelik as moordwapen gebruik is, word in die tuin ontdek.

Watter soort mens is so dom om dit daar te los?

Ons is uitgelewer aan mense vir wie jy werk gee, jou vermoor en dan sommer die moordwapen minagtend daar los. Dit is skrikwekkend.

Misdaad is buite beheer en die vlakke daarvan onaanvaarbaar.

Misdaad en swak polisiewerk gaan hierdie land nog vernietig, en dit is reeds in volle bloei.

Sakkie Scheepe




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za