Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Konsert ter viering van 40ste bestaansjaar

Konsert ter viering van 40ste bestaansjaar
 
2010-08-12


DIE Frank Pietersen Musieksentrum vier hierdie jaar hulle 40ste bestaansjaar. As deel van die musieksentrum se feesjaar sal die sentrum ’n reünienaweek hou vanaf 20 tot 22 Augustus waar oudonderwysers, oudleerders en huidige leerders saam sal kuier, musiek maak en saam ’n feeskonsert sal gee.

Die naweek skop Vrydagaand 20 Augustus af met ’n piekniekdans in die Paarlse stadsaal. Kaartjies is R80 per persoon.

Op die Saterdag sal oudleerders, oud-onderwysers en huidige leerders saam oefen vir die Sondag se konsert. Daar sal ’n massakoor en ’n massa-orkes wees en die sentrum verwelkom enigiemand wat saam sal wil speel of sing. Ná die oefening sal daar ’n ‘Bring and Braai’ (17:00) gehou word.

Sondagaand 22 Augustus om 18:00 sal die naweek afgesluit word met ’n feeskonsert in die Paarl Stadsaal waar die massakoor en orkes treffers uit die afgelope 40 jaar sal opvoer. Kontak 021-872-2123/4.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za